6 weke van Thomas & Ella

R 230.00
In stock
Reward points: 2 points
+
Add to wish list
On the 1st of July 2013,  Penguin Random House  became the first truly global trade bo...

Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in ’n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander … Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in ’n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander … Ella van der Spuy kan ’n klein entjie die toekoms in sien – ’n talent wat sy wens sy nié gehad het nie.

Boonop is sy ’n ietwat rare verskynsel: ’n rykmanskind wat geen waarde aan geld heg nie. Toe sy aan die einde van haar graad elfjaar vir Thomas Edeling ontmoet, verander haar lewe ingrypend. Thomas het ’n passie vir motorfietse. Ella wil modeontwerp in Milaan gaan studeer.

Thomas woon saam met sy familie op ’n kleinhoewe. Ella het amper nie familie nie. Om die waarheid te sê, is Thomas alles wat Ella nie is nie. Tog is daar onmiddellik ’n vonk tussen hulle. En die gebeure wat in die ses weke na hul ontmoeting afspeel, kon selfs Ella met haar derde oog nie voorspel het nie. Hierdie besonderse jeugroman, vertel deur beide Ella en Thomas se perspektiewe, is ’n humoristiese en aangrypende verhaal oor ’n sommer romanse tussen twee jongmense wat uit verskillende wêrelde kom.

Brand
Penguin Random House South Africa.
Find similar

No reviews found

Additional Offers
  • Bestsellers
  • Also Bought
  • Recently Viewed