Aksieheld Austin: Nag van grille

R 180.00
In stock
10 days
Reward points: 2 points
+
Add to wish list
On the 1st of July 2013,  Penguin Random House  became the first truly global trade bo...

Ewald kan nie wag vir die bekendstelling van die nuwe Aksieheld Austin-fliek nie. Hy speel immers die hoofrol! Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die fliekteater is.
Ligte, kamera, aksie! Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word. Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip … As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees! Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

No reviews found

Additional Offers
  • Bestsellers
  • Also Bought
  • Recently Viewed