As mens geluk kon proe

R 220.00
In stock
Reward points: 2 points
+
Add to wish list
On the 1st of July 2013,  Penguin Random House  became the first truly global trade bo...

Arnelia is vasbeslote om ’n nuwe blaadjie by haar nuwe skool om te slaan. Toe sy en haar nuwe vriende ’n ou goudgeel kombi in ’n mobiele eetplek omskep, is dit die begin van ’n wipwa-avontuur vol vriendskap en romanse. ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crepes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees. Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oe te kyk … ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Brand
Penguin Random House South Africa.
Find similar

No reviews found

Additional Offers
  • Bestsellers
  • Also Bought
  • Recently Viewed