Dinge Wat Ek Nie van Skape Geweet Het Nie

R 230.00
In stock
Reward points: 2 points
+
Add to wish list
On the 1st of July 2013,  Penguin Random House  became the first truly global trade bo...

Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik 'n skaap by 'n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ...

Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie.

In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op 'n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat 'n fotoboek oor windpompe wil publiseer.

Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.

Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om 'n skaap te steel.

Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare 'n geheim saam met haar ronddra.

En die belangrikste van als: Hy leer homself ken.

Kort voor lank verander 'n vervelige rit deur die Karoo in 'n onvergeetlike reis ...

Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Brand
Penguin Random House South Africa.
Find similar

No reviews found

Additional Offers
  • Bestsellers
  • Also Bought
  • Recently Viewed