‘N Huis Vir Jannes By Francine Beaton

Write a review
R 180.00
In stock
10 days
Price in points: 180 points
Reward points: 2 points
+
Add to wish list
I passionately believe that the old saying – everyone has a book inside them – is true...

‘N Huis Vir Jannes By Francine Beaton Jou huis is waar jou hart is Jannes Benadé en Estie Krause het ‘n lang geskiedenis; eerste skooldag, eerste soen op Jannes se sestiende verjaarsdag en ’n nuutgevonde verhouding ... wat gekortwiek word deur die verhuising van die Benade’s na Nieu-Seeland. Hartgebroke bevind Estie haarself swanger na ‘n kortstondige verhouding met ’n student. Haar en Riekert se ouers dring aan op ‘n huwelik. Die sestienjarige bruid gee in, al weet sy dat hul huwelik nie enige kans het op sukses nie. Jare daarna keer Estie en haar seun, Anrich, terug na Suid-Afrika en skep ‘n nuwe lewe tussen die Jakarandas van Pretoria. 

Jannes aanvaar die Wildehonde se aanbod vir ’n rugby-kontrak. Sy verblyfreëlings in Pretoria lê veilig in sy ma se hande. Miskien moes hy van beter geweet het. Toe Estie die deur vir haar ma se onbekende gas oopmaak, spoel soveel emosies deur die twee eertydse vriende, waaronder vreugde, vrees, pyn en opgewondenheid. Tyd is egter ‘n groot geneser. Die vriendskap hervat maklik, maar Estie bly onseker of sy weer haar hart vir Jannes kan gee. Jannes is verras toe die All Blacks hom uitnooi na ‘n oefenkamp. Hy is in twee geskeur – moet hy sy hart volg of sy passie najaag?

Brand
Beyond The Vale Publishing
Find similar
5
5 out of 5
Reviews: 1
5 stars
100%
4 stars
0%
3 stars
0%
2 stars
0%
1 star
0%
Elsabe
South Africa
5
Comment
Jannes, Jannes. Ek hou tog so baie van rugby-spelers. 'n Huis vir Jannes se storielyn is die bewys van "as een deur toegaan, sal 'n ander oopgaan". En is daar iets belangriker as om liefgehê te word, en om by jou liefde te wees? Nope! Baie geluk, Francine, met nog 'n sweet-romance-storie, en 'n hartstilstand of twee.
Additional Offers
  • Bestsellers
  • Also Bought
  • Recently Viewed